By using this site, you agree to the Privacy Policy and Terms of Use.
Accept
SO KONNECTSO KONNECTSO KONNECT
Notification Show More
Font ResizerAa
  • Home
  • Entertainment
  • News
  • Music
  • Sports
  • Business
  • Politics
Reading: Donker wolke dreig in mooiste maand
Share
Font ResizerAa
SO KONNECTSO KONNECT
  • Home
  • Entertainment
  • News
  • Music
  • Sports
  • Business
  • Politics
Search
  • Home
  • Entertainment
  • News
  • Music
  • Sports
  • Business
  • Politics
Have an existing account? Sign In
Follow US
© Sokonnect News Network.. All Rights Reserved.
Home » Blog » Donker wolke dreig in mooiste maand
News

Donker wolke dreig in mooiste maand

sokonnect
Last updated: September 30, 2024 8:22 am
sokonnect Published September 30, 2024
Share
SHARE

Contents
Vyf storielyne wat kykers van Suidooster in Oktober op die punte van hul stoele gaan hou.Imelda se duistere agendaSout in Angie se wondeMo se maskersGoeie nuus vir die Samsodiens‘n Skok vir die Jacobse‘n Voorskou van die week se gebeure:

Vyf storielyne wat kykers van Suidooster in Oktober op die punte van hul stoele gaan hou.

Ondanks die feit dat Oktober as die mooiste maand bekend staan, pak daar dreigende donker wolke saam oor Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die sepie Suidooster afspeel. Hierdie vyf storielyne gaan kykers op die punt van hul stoele hou:

Imelda se duistere agenda

Die slang in die gras rondom Imelda (Ilse Klink) se doen en late in Ruiterbosch is onmiskenbaar. Hierdie selfversekerde sakevrou het ’n duistere agenda en sal enigiets doen om dit te beskerm. Al het sy vir JPD en haar niggie Kaashifa (Jawaahier Petersen) om die bos gelei, het Riaan ’n voorgevoel dat iets skort. Hy is vasberade om die waarheid te ontbloot. Intussen flankeer Imelda mildelik met Gary (Craig Adriaanse). Is daar dalk meer agter haar planne as wat op die oog af lyk?

Sout in Angie se wonde

Angie (Char Carrie) se hart is aan skerwe nadat haar en Wade (Dean Smith) se verhouding op die rotse beland het. Om dinge erger te maak, vryf Wade en Zoë (Lauren Joseph) sout in haar wonde met hul romanse wat weer opvlam. Dit is nie net ‘n bitter pil vir Angie om te sluk nie, maar ook vir Wade se familie en vriende.

Mo se maskers

Siya (Gantane Kusch) ontmoet Brendan (Caleb Arnolds) se nuwe vriendin, Mo (Alushay Klazen) en besef sy dra ‘n swaar verlede saam. Maar Mo is nie heeltemal wie sy voorgee om te wees nie en ’n paar onverwagte kinkels vang Siya onkant.

Goeie nuus vir die Samsodiens

Die Samsodiens het vanjaar hul deel van uitdagings gehad – van Kaashifa se tydelike verlies van haar reuksintuig tot Mymoena (Jill Levenberg) se dobbelverslawing. Maar uiteindelik ontvang hulle goeie nuus wat hul lewens onherroeplik verander.

‘n Skok vir die Jacobse

    Die Jacobs-familie word gekonfronteer met ’n groot krisis wat hul wêreld omkeer. ’n Skokkende gebeurtenis het dramatiese gevolge en dwing aartsvyande Bridgette (Denise Newman) en Nazeem (Irvine van der Merwe) om saam te werk.

    ‘n Voorskou van die week se gebeure:

    *Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook op Catch-Up, DStv Now en Showmax beskikbaar.

    LEES NOU: Noordheuwel-tiener: Van klas na kaskenades in ‘Spooksoeker’

    TAGGED:Donkerdreigmaandmooistewolke
    Share This Article
    Facebook Twitter Whatsapp Whatsapp Email Print
    Leave a comment

    Leave a Reply Cancel reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    © Sokonnect News Network.. All Rights Reserved.
    Welcome Back!

    Sign in to your account

    Lost your password?